Franja Du Plessis Gee Die Beker Lyrics

Hoe kan ek net sit en kyk
As ek sien hoe dit om jou lyk

Hoe jy jou kop so hard bly stamp
En hoe die hoop in jou siel verdamp

Hierdie hart van my breek
Kan ek vurigheid in jou aansteek

Jy gaan sien jy sal bo uitkom
Waar jy geplant is moet jy aanhou blom

Ek is hier ek luister na jou hart
Hoe kan ek jou seer wegvat
Gee die beker maar vir my
Stuur dit by jou verby
Hierdie arms sal jou nooit verlaat

Maar ek weet jy is ook sterk genoeg
Ek verstaan jy raak ook somtyds moeg
Ek is langs jou as jy val
Ek sal die pleisters weer gaan haal
Om jou wonde toe te maak

Ek bly altyd lief vir jou
Ek sal my arms om jou bly vou

Hoekom is dit dan so moeilik om
By jou regte gevoelens uit te kom

Ek is hier ek luister na jou hart
Hoe kan ek jou seer wegvat
Gee die beker maar vir my
Stuur dit by jou verby
Hierdie arms sal jou nooit verlaat

Maar ek weet jy is ook sterk genoeg
Ek verstaan jy raak ook somtyds moeg
Ek is langs jou as jy val
Ek sal die pleisters weer gaan haal
Om jou wonde toe te maak

Ek is hier ek luister na jou hart
Hoe kan ek jou seer wegvat
Gee die beker maar vir my
Stuur dit by jou verby
Hierdie arms sal jou nooit verlaat

Maar ek weet jy is ook sterk genoeg
Ek verstaan jy raak ook somtyds moeg
Ek is langs jou as jy val
Ek sal die pleisters weer gaan haal
Om jou wonde toe te maak

Ek is hier ek luister na jou hart